Podlitiek

Podmedia

Podlitiek is 'n weeklikse politieke podsending wat nuusgebeure en belangrike kwessies vanuit 'n klassieke liberale invalshoek benader, bedink en bespreek.

  • 17 minutes
    Ep. 255 - AfriForum gaan aanhou grassny en Gautengers wat onder dalende lewenskwaliteit ly
    In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor AfriForum wat rug styf maak nadat die EFF aandui dat dit 'n mosie wil kanselleer wat die Tshwane-metro met AfriForum onderteken het, asook 'n nuwe meningspeiling wat aandui dat die inwoners van Gautengers se lewensstandaard aanhou daal.

    Skakel na die verslag bespreek in die episode: Quality of Life Survey 7 (2023/24) | GCRO

    www.belaprotes.co.za 

    Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk
    24 October 2024, 2:54 pm
  • 35 minutes 52 seconds
    Ep. 254 - Panyaza Lesufi se slegte week, presidensiële mediese eenheid wat die beursie breek
    In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor Gauteng se Premier Panyaza Lesufi wat geïmpliseer word in beweerde toesmeer van korrupsie en dwarsboming van strafregtelike ondersoek, en die presidensiële mediese eenheid se astronomiese rekening.

    Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk
    11 October 2024, 9:29 am
  • 27 minutes 59 seconds
    Ep. 253 - Jan Braai fopnuus skok, News24 wat vir Ernst blok, nog geld vir lisensiekaartdrukker opdok
    In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor die valse rassisme bewerings teen Jan Braai, News24 se amptelike rekening op X wat vir Ernst van AfriForum geblok het, en die nuus rondom 'n tender vir 'n nuwe bestuurslisensiedrukker.
     
    Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk
    4 October 2024, 7:42 am
  • 23 minutes 46 seconds
    Ep. 252 - AfriForum kap vir OKOSA oor Starlink, Ramaphosa moet twee keer oor BELA wet dink
    In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor AfriForum wat vir OKOSA se rassekriteria uitdaag wat vestiging van Starlink in Suid-Afrika dwarsboom, asook President Ramaphosa wat blykbaar etlike dae weg is van die BELA wetsontwerp teken en wet maak.

    Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk
    12 September 2024, 12:25 pm
  • 32 minutes 36 seconds
    Ep. 251 - Roman Cabanac in die visier, Telegram-baas agter tronkmuur, Didiza vir Steenhuisen suur
    In hierdie episode gesels Ernst, Louis en Frederik oor die "skandaal" rondom John Steenhuisen se nuutste aanstelling as stafhoof, Roman Cabanac, die arrestasie in Frankryk van sosiale media platform Telegram se uitvoerende hoof, Pavel Durov, asook die voormalige minister van landbou wat haar opvolger kritiseer vir sy uitsprake oor wangedrag in die departement.

    Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk
    12 September 2024, 12:22 pm
  • 23 minutes 10 seconds
    Ep. 250 - Dricus du Plessis weet wat ons weet en AfriForum kry vir NERSA beet
    In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor die middelgewigkampioen, Dricus Du Plessis se eerste suksesvolle titelverdediging met 'n oorwinning oor Israel Adesanya, asook AfriForum wat vir NERSA geklop het in die hof oor kragtariewe.


    Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk
    22 August 2024, 9:26 am
  • 20 minutes 56 seconds
    Ep. 249 - EFF se Floyd Shivambu bedank en MRK se magte deur hof vermank
    In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor Floyd Shivambu wat aangekondig het dat hy bedank as adjunkpresident van die EFF en as lid van die party, asook die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se verloor in 'n hofsaak rakende hulle magte.

    Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk.
    16 August 2024, 11:49 am
  • 29 minutes 44 seconds
    Ep. 248 - Skool beskuldig van _rassisme_ in Pretoria en AfriForum werf steun in Amerika
    In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor die 12 leerders van Pretoria High School for Girls wat geskors is ná bewerings van rassisme, asook AfriForum en die Afrikanerstigting se steunwerwingstoer in die VSA.

    Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk.
    1 August 2024, 1:10 pm
  • 30 minutes 28 seconds
    Ep. 247 - Verkiesing statisties bekyk en ou video's wat rassisties lyk
    In hierdie video gesels Louis en Frederik oor Gareth van Onselen se navorsing oor die rasseverdeling van verskillende partye se steun, sowel as die beskuldigings van rassisme teen Renaldo Gouws, Ian Cameron en Andile Mngxitama en of hierdie drie gevalle enigsins dieselfde is.

    Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk.
    27 June 2024, 7:55 am
  • 22 minutes 9 seconds
    Ep. 246 - Nuwe privaat brandweer in Bloemfontien en Rapport_Beeld gaan dalk verdwyn
    In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor die nuwe privaat brandweer wat AfriForum in Bloemfontein gestig het, asook Media24 se beweerde planne om die druk van Beeld en Rapport stop te sit.

    Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk.
    14 June 2024, 6:26 am
  • 31 minutes 28 seconds
    Ep. 245 - 2024 verkiesingsuitslae ontleding
    In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor Suid-Afrika se 2024 verkiesingsuitslae. Wie was die wenners en verloorders, en wat moet ons te wagte wees rakende die samestelling van die nuwe regering.
    7 June 2024, 8:57 am
  • More Episodes? Get the App
© MoonFM 2024. All rights reserved.