WAT Met Willim Welsyn Podcast

Willim Welsyn

Informele gesprekke en onderhoude met Suid-Afrikaanse kunstige en musikale mense WAT al goeters gedoen het.

  • 1 hour 58 minutes
    Episode 171. - Neil Sandilands (Deel 2 van 2)

    Op hierdie tweede deel van my gesprek met Neil Sandilands gesels ons oor acting, songwriting, existentialism, die mag van die moontlikheid, Koos Kombuis, Rian Malan, Howard Stern, Don Rickles, Antjie Krog, Karel Schoeman en ja, Nietzsche.

    Ondersteun asb my Blitzkriek Braaikaaster kitaarrooster crowdfund campaign ten bate van Bert, Boetie, Novi en die Ladismith-gemeenskap hier: www.williamwelfare.com of op www.thundafund.com/project/6551477109653508

    Support ook gerus die WAT Podcast, indien jy sou wou:

    JWF Barnard

    FNB Cheque/Current: 62708797298

    Branch: 200213

    4 November 2020, 11:38 pm
  • 2 hours 7 minutes
    Episode 170. - Neil Sandilands (Deel 1 van 2)

    Neil Sandilands kom al die pad van Hollywood af om te kom kuier in ’n garage in Bellville vir die eerste, offisiële WAT Podcast episode van 2020. Neil is ’n veelsydige akteur, filmmaker, musikant, songwriter en hy is ’n export. Ons braai en gesels oor sy kinderdae in Randfontein, rugby, filosofie, die rolle wat hy vertolk het in die TV-reekse Meester, Konings en Orion, onder andere. Ons gesels ook oor Hollywood en sy nuwe song Die Ballade van Frik & Dot, oftewel, "Goue Graal".

     

    Support die WAT Podcast, indien jy sou wou:

    JWF Barnard

    FNB Cheque/Current: 62708797298

    Branch: 200213

    28 August 2020, 1:20 am
  • 11 minutes 9 seconds
    Episode 169. - Wen 'n Braaikaaster Met Bootstrap Fest

    Hallo. Lanklaas, ek weet. Otherwise, you well?

    Hierdie Saterdag die 20ste Junie, tussen 13h00 en 19h00 hou ons BOOTSTRAP FEST.

    Jy kan ’n Blitzkriek Braaikaaster wen. Hoe? As jy R200 skenk, jou bewys van betaling, jou naam en van stuur na [email protected] toe, dan is jy deel van die lucky draw op Saterdag. Die raffle sluit Vrydagaand 19 Junie, 21h00 en ons doen die live draw tussen 13h00 en 19h00 gedurende die BOOTSTRAP FEST op Facebook.

    Vir die Braaikaaster Raffle, skenk gerus hier:

    JWF Barnard

    FNB Cheque/Current: 62708797298

    Branch: 200213

    Email POP, naam en van na [email protected]

    As jy klaar ‘n Braaikaaster het, kan jy die fees hier ook ondersteun:

    STRAB Productions
    ABSA Current account
    4078290413
    Branch: 335645
    Reference: Bootstrap

    Hierdie is ‘n GRATIS show vir ‘n goeie doel, alle fondse wat ingesamel word is ten bate van die Somerset West Night Shelter, die Feed Malongane Initiative en natuurlik ook die kunstenaars wat Saterdag gaan optree. Bootstrap Fest, in samewerking met die awesome #STRAB-span en die topklas mense by Orgasmic Music Gallery, sien uit om julle Saterdag te check!

    Ons het die Valiant Swart Band, Mr. Cat & the Jackal, Warongx en die Willim Welsyn Band op die spyskaart. Mr Miles Keylock gaan julle ook verras met ‘n paar special guest interviews op die dag tussen die band change-overs. 😎

    Julle almal is genooi!

    17 June 2020, 10:38 pm
  • 3 hours 7 minutes
    Episode 168. - Louis Duvenage van Orwellington en Raaskopleef

    Op hierdie laaste episode van die jaar en van die dekade gesels Willim met Louis Duvenage van die band Orwellington oor hul nuutste album Die Angstige Avonturier. Louis is ook die founding member van die destydse Boland Punk band Raaskopleef. Hy praktiseer as prokureur en help in sy vrye tyd met die administrasie van die Wellington Krieketklub en die Breytenbach Sentrum. Hulle gesels oor Bellville, Wellington, Stellenbosch in die 90s, die army, London, die begin van Boland Punk, Louis se vriendskap met Almuir Botha, die Voëlvry beweging, Dirk Ace, Valiant Swart, Koos Kombuis, Madonna, Bernoldus Niemand, 80s popmusiek, Breyten Breytenbach, krieket en oor ’n hele klomp ander dinge ook.

    2020, hier kom ons.

    22 December 2019, 8:37 pm
  • 1 hour 34 minutes
    Episode 167. - 'n Huldeblyk aan Piet Botha

    Op hierdie spesiale episode deel Willim sy gesprek met Piet Botha uit episode 6 en speel hy vir jou ’n paar uittreksels uit ander onderhoude met musikante en lede van die plaaslike musiekbedryf oor die positiewe impak wat Piet op hul lewens en loopbane gehad het. Mense soos Arthur en Rudi Dennis, Jake Gunn, Donovan Honeyborne, Gareth Wilson, Elbie Adendorff, Conrad Jamneck, Andries Burger, Ann Jangle, André Kriel en Bacchus Nel.

    Piet Botha is oorlede op die 2de Junie 2019, hy was 63 jaar oud.

    4 June 2019, 1:01 pm
  • 1 hour 22 minutes
    Episode 166. - The Robfather

    Robert Scholtz is The Robfather, aka DJ Robfather en hy werk al sedert die 90s in die musiekbedryf. Hy’t al ge-DJ by events, feeste en gigs saam, voor en na ’n magdom Suid-Afrikaanse kunstenaars en bands soos Trompies, TKZ en Boomshaka tot Aking, Taxi Violence, Jack Parow, Gazelle, Bittereinder, Fokofpolisiekar, BEAST, Lark, PH Phat, Prime Circle, Hellcats, Black Cat Bones en Stoker. Hy’t ook al by internasionale shows ge-DJ saam met Wanton Bishops, Yellawolf and hy was die toer-DJ vir The Pixies en onlangs ook The Cure toe hulle hier kom kuier het.

    Rob kom kuier in die garage en ons gesels oor al die plate en CD-shops waar hy al gewerk het, sy eerste paar gigs as ’n Kwaito DJ, die sielkunde van ’n goeie playlist en hoe om mense op die dansvloer te hou, maar ook seker te maak hulle koop genoeg drank by die bar.

    5 April 2019, 8:07 am
  • 1 hour 42 minutes
    Episode 165. - Sannie Fox

    Singer-songwriter Sannie Fox grew up with roots between Cape Town and London has played in South Africa, UK, Asia, Scandinavia and Europe. She is currently based in London and stopped by the garage recently while visiting Cape Town for some shows. We talk about her first bands, her famous family members, the start and end of Machineri, her evolution as a solo artist and her latest album My Soul Got Stranger.

     
    15 March 2019, 7:22 am
  • 1 hour 30 minutes
    Episode 164. - Deon Maas

    Deon Maas kom kuier vir ’n tweede keer in die garage om oor sy nuutste boek Witboy In Berlyn te gesels. Hy stel die boek bekend hierdie week by die US Woordfees en ook Dinsdag, die 12de Maart 2019 by La Bottega in Kaapstad – jol skop 18:00 af. Bespreek gerus [email protected], dis gratis.

    Deon is ’n skrywer (Witboy in Afrika, Melk Die Heilige Koeie, en nou ook Witboy in Berlyn), maker van dokumentêre films (Punk in Africa en Who Killed Johannes Kerkorrel?) en ’n televisievervaardiger (Jam Sandwich en Fortuinsoekers). Hy word somtyds daarvan beskuldig dat hy ’n moffie, daggaroker of kommunis is. Hy is wel skuldig aan van dié aantygings. Hy is getroud met Veda (’n vrou) en woon tans in Berlyn saam met haar en hul honde.

    8 March 2019, 8:31 am
  • 1 hour 9 minutes
    Episode 163. - Best Of 2018 (Deel 1)

    In hierdie eerste uitgawe van WAT se Best Of 2018 spoeg en plak Willim vir jou brokkies uit sy gunsteling onderhoude van die jaar met Francois Van As, Kobus Galloway, Willem Samuel, Hendré Pretorius, Gerdus Oosthuizen, Le Roi Nel en Arno Carstens.

    Geborg deur http://www.live-now.co.za 

    14 December 2018, 8:32 am
  • 1 hour 17 minutes
    Episode 162. - Suné Halderman en Conrad Jamneck

    Suné Halderman book die bands en artists by Jägermeister presents Up The Creek  Music Festival en Conrad Jamneck is die fees se technical director. Hulle kom kuier in die garage om te gesels wat alles agter dié legendariese fees se skerms gebeur, hoe mens ’n stage in die middel of reg langs die Breede Rivier bou en hoe om seker te maak dat almal altyd ’n goeie tyd het.

     Up The Creek gebeur tussen 7 en 10 Feb. 2019 - gaan koop jou kaartjies op https://www.upthecreek.co.za/tickets

    Geborg deur http://www.live-now.co.za 

    30 November 2018, 7:58 am
  • 3 hours 4 minutes
    Episode 161. - JC Visser

    JC Visser speel baskitaar in Mr Cat and The Jackal en vir Arno Carstens se band, maar meer as dit is hy ook ’n skeppende inventor, entrepreneur, animator en die skrywer van sci-fi fabels. Ons gesels oor musiek, space, planete, kasse wat kan klere was, matrasse wat hulself kan was en steriliseer, robotte en sy nuutste projek: ’n aanlynbemarkingsplatform vir content creators en besighede.

    Gaan bestel vir jou ’n WAT Podcast of 'n Blitzkriek t-shirt op die splinter nuwe online shop: www.williamwelfare.com/shop

    Met trots geborg deur www.live-now.co.za.

    22 November 2018, 1:39 pm
  • More Episodes? Get the App
© MoonFM 2024. All rights reserved.