Die SkaatsCast

Skaats de Wet

Straight outta Parow kom die sienings van 'n klompie jongmense wat meer kontroversiëel as die mullet; met meer finesse as Jurie Els en waaay meer nederig as Kanye West.

  • 1 hour 3 minutes
    Episode#28 | Die 'get behind me santa' Episode
    Ons laat Kersfees episode! Ons diensverskaffer het ons erg moeilikheid gegee, maar hier's die episode. Ons eerste episode in twee jaar. Ons gesels baie nonsense, Sybrand tune in op Skype al die pad van Bethlehem af (hoe appropriate) en ons luister uitstekende musiek. Hoop jy geniet hom...
    1 February 2010, 12:08 pm
  • 54 minutes 26 seconds
    Episode#27 | Die 'so long and thanks for all the episodes' Episode
    Looooong overdue! Steyn vra om verskoning vir die huge delay op hierdie episode, dit is sy skuld en dit was al in Januarie opgeneem! Dit is Villiers se afskeidsepisode - hy gaan swot nou by Tukkies... Verder luister ons na cool musiek van The Bats (ja jy't reggelees) en nog vele meer. Check ook 'n slag weer ons blog uit. Ons sal probeer om hom meer gereeld op te datteer (maar soos julle weet het ons nie 'n baie goeie track record as dit kom by stuff op datum hou nie). www.skaatscast.blogspot.com skaatscast at gmail dot com
    7 April 2008, 2:19 pm
  • 1 hour 1 minute
    Episode#26 | Die SkaatsCast Awards 2007!
    Die heel eerste SkaatsCast Awards! In ware Christelike fashion beoordeel (hahaha) ons al die beste oomblikke van 2007. Van Jacob Zuma tot Paris Hilton, Switchfoot tot Kanye West en Die Cheetas tot die Springbokke - ons cover ALS! Dit was net Sybrand en Steyn vir hierdie episode, die res was almal weg maar darem daar in gees. Check uit ons Facebook groep of email ons by skaatscast at gmail dot com. Geseende Kersfees en 'n super nuwe jaar van die SkaatsCast af. Mag julle almal iets van God se super liefde beleef hier aan die einde van 2007!
    24 December 2007, 3:46 pm
  • 37 minutes 37 seconds
    Episode#25B | Die Back2Back Episode
    Deel 2 van die bumper musiek episode met Ben en Steyn! Awesome musiek en klomp lukraak... email ons by skaatscast at gmail dot com of check uit ons groep op Facebook vandag nog!
    23 December 2007, 10:45 am
  • 35 minutes 14 seconds
    Episode#25A | Die Rockin' Episode
    Deel 1/2 - Almal is weer op vakansie behalwe Ben en Steyn, wat net een ding kan beteken... BUMPER MUSIC EDITION! Yeah ons het 'n pretty awesome line-up, maar jy moet maar luister om uit te vind wie. Check ook uit vir deel 2, uit binnekort!
    19 December 2007, 12:06 pm
  • 1 hour 17 seconds
    Episode#24 | Die Sexy Episode
    ...die mees overdue episode in die wereld is toevallig die mees sexy episode ook (wat 'n coincidence). In hierdie super sexy episode: Ons het ongelooflik baie nuwe seksies ingebring (daarvandaan die naam) soos Die Papiertjievou (Lame) Game, SkaatsdeLaan, Bennie se Boeke en nog baie meer. Ons luister ook na awesome musiek, so check dit uit! BTW, die episode is enhanced, so jy kan na die prentjies in jou iTunes of iPod kyk. O en join ons groep op facebook!
    6 December 2007, 6:13 pm
  • 57 minutes 32 seconds
    Episode#23 | Die Comeback Episode
    Die grootste comeback sedert Lazarus! Jip ons is weer terug met 'n arrow van 'n Parow episode! Ons check uit ou Afrikaanse treffers wat eerder net alleen gelaat moet word; gesels oor allerhande lukraak en luister na Daphne Loves Derby, Vanilla Sky en Straatligkinders. Jip. Beter as wat die mullet ooit kan wees. Check SkaatsCast uit op Vuisboek vandag!
    31 October 2007, 6:26 pm
  • 50 minutes 34 seconds
    Episode#22 | Die Hero Episode
    [Enchanced - Speel deur jou iPod, iTunes of jou Firefox browser vir beste resultate] Die eerste episode van Seisoen III! Ons is baie opgewonde om terug te wees na 'n lang tyd. Dis ongelukkig slegs Villiers, Ben en Steyn vir hierdie episode; die ander was bietjie vasgevang. In hierdie episode: Die usual Boredomkillers, Nuus en 'n nuwe section, 'Segway to Heaven'. Ons speel songs van: The Monolith, Run Kid Run en Vanilla Sky. Ons het vergeet om te noem, maar net voor S-Nuus speel ons Underoath se 'A Boy Brushed Red, Living in Black and White'. Email: [email protected] Voicemail: +2773 424 5758 Lukraak, uit 'n Christelike Oogpunt
    9 May 2007, 7:06 am
  • 55 minutes 57 seconds
    Episode#21 | Die Paasfees Episode
    Dis weer sulke tyd... en ons het besluit wat is 'n Christelike podcast sonder 'n Paasfees episode? Van vandag af is die SkaatsCast enhanced - menende dat jy nou op jou iPod kan kyk as ons verwys na iets spesifieks. Daar is ook ander goodies, soos chapters, wat dit vir jou makliker maak om dele te skip, indien jy nie hou van ons geselskap nie. Nee wag, klink my na 'n swak idee! Dit is maar 'n doodgewone podcast, met Boredomkillers, SkaatsCast Nuus, E?Nuus en Villiers se feit. Ons bel ook 2 random luisteraars om uit te vind wat hulle dink van Paasfees - en albei verjaar heel toevallig! (nee, regtig, en ons het net geweet die een verjaar). So gepraat van verjaar, dis hierdie keer Emma se beurt om ouer te word - 'n volle 20 om die waarheid te se.
    6 April 2007, 11:04 am
  • 1 hour 9 minutes
    Episode#16 | Die Gunsteling Episode
    In hierdie laaste episode van Seisoen 3: - Die SkaatsCast top films en albums om uit te check - 'n Valskerm Insident - iPhone Update - Kerkbemarking: Sit kerke partykeer dit pot bietjie mis? Ons luister na musiek van Straatligkinders, Related en Die Kys. Dit is ook ons laaste Episode tot die 8ste Mei, so MOENIE unsubscribe nie! Ons sal weer terug wees en het 'n paar awesome idees. www.skaatscast.blogspot.com | www.myspace.com/skaatscast | [email protected]
    11 February 2007, 9:31 am
  • 1 hour 3 minutes
    Episode#15 | Daai 80s Episode
    Alle dinge 80s! Ons gesels oor Thomas Dolby (moenie vra nie) se comeback, Nicole Richie se out-of-the-box bestuursessies en ons bekyk al daai 80s programme waarvan jy al vergeet het. Verder ook: Die 10-Vraag Challenge; sover is dit SkaatsCast 01, Luisteraars 00... Kan die luisteraars 'n comeback maak? Ook boredomkillers, Villiers se Mmmm Feit en SkaatsCast Nuus! Check uit www.five8five.com vir die coolste in SA bands, musiek, design en meer.
    2 January 2007, 9:04 am
  • More Episodes? Get the App