Van die spoor af

Lelanie du Preez

Van Die Spoor Af is nie 'n podcast nie. Dis die dialoog van 'n nuutgevonde vriendskap tussen ou kennisse. Ons bespreek ons alledaagse doen en late midde die grendelstaat, vertel stories oor ons reise en dink té filosofies oor onbenullighede. Ons lag ook uitbundig elke nou en dan.

  • 1 hour 7 minutes
    Die konklusie, of dalk nie?

    Ons seisoen kom tot 'n eienaardige konklusie op 'n trein rit wat 'n snaakse draai vat. Dit los almal met vraagtekens oor wat die toekoms kan inhou. Lelanie en JW dink terug aan die laaste 8 episodes, bespreek die hoogtepunte, laagtepunt, onbeantwoorde vrae en wat die punt van dit alles was.

    29 July 2024, 5:00 am
  • 1 hour 10 minutes
    Kaaskoekkletsies

    Gebak of gestol, ‘n kaaskoek ontlok altyd diepste geheime en wyshede. JW en Lelanie gesels oor die rol van ouderdom in kultuurkronkels en onthul die portrette wat hulle van mekaar gemaak het, met opwindende skaterlag.

    6 May 2024, 4:50 am
  • 1 hour 6 minutes
    Oopkyktyd

    Kuns, invloedrykes en modegiere. JW en Lelanie lewer hulle mening oor die sikluse aard van die heelal en die feit dat niks nuut is nie. Dit terwyl daar blinkertjies op hulle lippe is.

    8 April 2024, 4:50 am
  • 1 hour 3 minutes
    Tussen Vloere en Bestemmings

    Na 'n lekker lang vakansie ontmoet JW en Lelanie mekaar vir 'n koppie Seattle koffie in ongevalle by die Hospitaal 'Stray-Grown Memorial'. Hulle delf diep in die emosie en filosofie van vriendskap, afskeid, ondersteuning en die skoene wat Meredith in die eerste reeks van Grey's Anatomy gedra het.

    11 March 2024, 5:01 am
  • 1 hour 10 minutes
    Net jy kry 'n mug

    In die laaste episode voor Kersfees, verras JW en Lelanie hulle gehoor met geskenke eg aan die chaos wat net Van Die Spoor af kan opdis. Lelanie delf diep in die sportspel van "The Bachelor" en JW lees die eerste hoofstuk van Jwanie se nuwe boek. Maar wag tot die einde om te sien watse verrassing Jwanie vir JW en Lelanie weggesteek het.

    4 December 2023, 4:50 am
  • 1 hour 10 minutes
    Sink of swem?

    Kampvuurpraatjies oor realiteitsprogramme en natuurverskynsels lei na die onvermydelike kronkelpadjies waarin JW en Lelanie telkens afdraai. Dit dwing Jwanie om in te gryp en die onderwerp te verander met 'n fiktiewe teks wat voorgelees word asof dié twee weer oudisie vir Survivor en FliekNet Foendies.

    20 November 2023, 4:50 am
  • 1 hour 5 minutes
    Late Night met JW en Lelanie

    Episode 3 is die tipe laatnagvermaak waarvan JW en Lelanie nog altyd droom - 'n Talk Show! Jwanie verras die twee met 'n verskeidenheid insetsels, geïnspireer deur hulle gunsteling programme. Hulle verwelkom ook vir die eerste keer 'n LIVE Studio Audience!

    14 November 2023, 10:48 am
  • 1 hour 5 minutes
    Net 'n teorie
    Dis dou voor dag en JW en Lelanie is voor die lens. Die twee probeer hul heel bes om, in opdrag van hulle vervaardiger, so vroeg gefokus te wees terwyl hulle 90's cartoons en hulle daaglikse roetines bespreek. Kwantum meganika, allelopatie, sekondêre metaboliete en 'n splinternuwe instagram account.
    23 October 2023, 4:50 am
  • 1 hour 2 minutes
    A lil' bit Jwanie

    Met die loods van Reeks 4, word JW en Lelanie met 'n nuwe karakter gekonfronteer, wat dinge effens meer gestruktureer laat geskied. Hulle herhinner mekaar aan die oorsprong van @vandiespooraf, maar in getroue opregtheid, bly hulle steeds wie hulle is.

    Spesiale bedanking aan FKN MAN Podcast vir die gebruik van sy PodMics

    https://www.instagram.com/fknman_official

    9 October 2023, 4:44 am
  • 7 minutes 36 seconds
    Seisoen 4 - Ons is op die podium

    Voor Reeks 4 van @vandiespooraf loods, deel JW en Lelanie hulle opwinding oor die nuwe formaat en lewer hulle insigte oor dié nuwe trajek 🚂 🚀

    2 October 2023, 10:16 am
  • 1 hour 14 minutes
    Die begin van 'n nuwe avontuur

    In die laaste episode van die derde reeks bespreek JW en Lelanie die toekoms van die podcast, die nuwe normaal na covid, Wes Anderson se ikoniese styl en nog vele meer!

    10 July 2023, 5:00 am
  • More Episodes? Get the App