Podlitiek

Podmedia

Podlitiek is 'n weeklikse politieke podsending wat nuusgebeure en belangrike kwessies vanuit 'n klassieke liberale invalshoek benader, bedink en bespreek.

  • 27 minutes 50 seconds
    Ep. 282 - Die regering G20, maar vat alles
    In hierdie episode gesels Louis en Ernst oor Trump se opmerkings rakende Suid-Afrika se G20-lidmaatskap en die Departement van Gesondheid se planne om NGV te finansier.

    Die Podlitiek-span bestaan uit:
    Louis Boshoff
    Ernst van Zyl
    Arno Roodt
    6 November 2025, 2:49 pm
  • 26 minutes 54 seconds
    Ep. 281 - Cyril wat sy nefie n drukkie gee en Tshwane metro wil vullis-uitspraak appelleer
    In hierdie episode gesels Arno en Louis oor die president se berugte ontmoeting voor 'n korrupsiepaleis in Sandton en die Tshwane Metro se besluit om die "City cleansing levy"-uitspraak te appelleer. 'n Paar korter nuusbrokkies kom aan die beurt.

    Die Podlitiek-span bestaan uit:
    Louis Boshoff
    Arno Roodt
    Ernst van Zyl
    15 October 2025, 2:47 pm
  • 24 minutes 23 seconds
    Ep. 280 - Malema se sanksies, singery en skietery.
    In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor drie kwessies wat met die EFF se CIC (Convicted in court) Julius Malema te doen het:

    1. Die sing van Kill the Boer op die Puk-kampus. Podlitiek verduidelik waarom dit 'n groter probleem is as Kill the Boer gesing word in die leerruimte van Afrikaanse studente as net in 'n stadion by 'n EFF saamtrek.
    2. Malema wat skuldig bevind is aan verskeie aanklagte wat verband hou met die onverantwoordelike hantering van 'n vuurwapen.
    3. Malema se dossier wat oorhandig is aan verskeie hooggeplaastes in die VSA.

    Die Podlitiek-span bestaan uit:
    Louis Boshoff
    Ernst van Zyl
    Arno Roodt
    8 October 2025, 2:43 pm
  • 22 minutes 54 seconds
    Ep. 279 - Stellenbos(s)e munisipaliteit soek nie wittes hier en Malema se volledige dossier
    Podlitiek se aanbieders vind uit dat hulle "deel van die probleem" is en liefs nie moet aansoek doen vir 'n pos by die Stellenbo(s)se dorpsraad nie. Louis en Ernst bespreek wat 'n mens moet doen as jy leef in 'n wêreld waar sulke praktyke aan die orde van die dag is.

    Intussen het AfriForum se Privaat Vervolgingseenheid die monumentale taak aangepak om al Malema se sondes te boekstaaf en vir die wêreld uit te stal.

    Malema Dossier: www.StopMalema.co.za
    Solidariteit Memo: https://cms.solidariteit.co.za/wp-con...

    Die Podlitiek-span bestaan uit:
    Louis Boshoff
    Arno Roodt
    Ernst van Zyl
    4 September 2025, 2:52 pm
  • 33 minutes 38 seconds
    Ep. 278 - Malema skuldig aan haatspraak en die nuutste oor die Panyaza-plaat
    In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor Malema se skuldigbevinding aan haatspraak by Brackenfell (plus ietsie oor die omstredenheid rakende wie betrokke was en wie nie). Louis delf ook 'n bietjie rond in die donker wêreld van nommerplaatverskaffing en veral Lesufi se planne vir nuwe Gautengse nommerplate.

    Podlitiek word aangebied deur:
    Louis Boshoff
    Ernst van Zyl
    Arno Roodt
    28 August 2025, 2:08 pm
  • 22 minutes 25 seconds
    Ep. 277 - DIRCO sê plaasmoorde is nie uniek nie en Mashatile sê raswette diskrimineer nie
    In hierdie episode gesels Louis en Ernst oor die Departement van Internasionale Betrekkinge (DIRCO) se jongste verklaring oor plaasmoordstatistiek en Mashatile se mees onlangse poging om rassediskriminasie af te maak. Podlitiek antwoord nugter, maar vra ook: "Wie glo teen die tyd nog enigsins die ANC se stories?"

    Die Podlitiek-span bestaan uit:
    Ernst van Zyl
    Louis Boshoff
    Arno Roodt
    20 August 2025, 2:48 pm
  • 28 minutes 58 seconds
    Ep. 276 - Mbalula se karwagte en Kunene se kakkerlakke
    In vandag se episode gesels Ernst en Louis oor Fikile Mbalula se rassistiese uitlatings tydens die perskonferensie na afloop van die ANC se NUK-vergadering. Hy het onder meer die eerste Afrikanervlugtelinge na die VSA "karwagte" genoem – wat dit ookal veronderstel is om te beteken.
     
    Daarna kom die jongste haatspraak-uitspraak ter sprake. Kenny Kunene is deur die hof verbied om Malema voortaan weer 'n kakkerlak te noem, aangesien dit op haatspraak sou neerkom. Terwyl dit vir Malema steeds baie belangrik is dat die hof bepaalde ander uitlatings nié as haatspraak beskou nie.

    Die Podlitiek-span bestaan uit:
    Louis Boshoff
    Ernst van Zyl
    Arno Roodt
    7 August 2025, 2:58 pm
  • 29 minutes 34 seconds
    Ep. 275 - Pretoria het een heffing minder, maar Suid-Afrika 30% meer
    In hierdie episode gesels Arno en Louis oor die "city cleansing levy", oftewel stadsreinigingsheffing, van die Tshwane Metro wat onwettig bevind is. (Podlitiek se manne het self 'n aandeel hierin gehad.)

    Dan bespreek ons ook die 30% invoertarief wat die VSA van 7 Augustus af op Suid-Afrikaanse produkte gaan hef.

    Die Podlitiek-span bestaan uit:
    Louis Boshoff
    Arno Roodt
    Ernst van Zyl
    1 August 2025, 1:31 pm
  • 29 minutes 38 seconds
    Ep. 274 - Is mediese fondse rassisties en dalk sien ons gou geteikende sanksies?
    In hierdie episode gesels Louis en Ernst oor die ondersoekpaneel na rassisme by mediese fondse wie se verslag onlangs bekendgestel is, sowel as die Amerikaanse wetsontwerp oor die hersiening van diplomatieke verhoudinge met Suid-Afrika.

    Die Podlitiek-span bestaan uit:
    Ernst van Zyl
    Louis Boshoff
    Arno Roodt
    24 July 2025, 2:46 pm
  • 42 minutes 38 seconds
    Afrikaanse Geneeskunde met Prof Oppel Greeff
    In die tweede onderhoud van ons 2025 onderhoudreeks gesels Louismet Prof Oppel Greeff. 'n Man met 'n indrukwekkende CV en 'n passie vir medisyneontwikkeling en vir Afrikaans. 

    Hoe is die Afrikaanse geneeskundige vaktaal ontwikkel?
    Wat is die moontlikheid dat ons weer dokters in Afrikaans sal oplei?
    Hoekom is dit die moeite werd om in Afrikaans te studeer al is dit soms meer moeite?

    Podlitiek word aangebied deur:
    Arno Roodt
    Louis Boshoff
    Ernst van Zyl
    8 July 2025, 2:26 pm
  • 33 minutes 24 seconds
    Ep. 273 - Musk se nuwe party en Ramaphosa wil meer as 90 dae kry
    In hierdie episode gesels die Podlitiek span oor Trump wat geskerts (of is dit gedreig?) het dat Elon Musk na Suid-Afrika gedeporteer moet word. Musk is op sy beurt vasbeslote om 'n nuwe politieke party in die VSA te stig wat strenger fiskale beheer sal voorstaan. Intussen het die Suid-Afrikaanse regering ekstra tyd versoek om 'n handelsooreenkoms met die VSA te beding voordat heffings inskop.

    Podlitiek word aangebied deur:
    Louis Boshoff
    Ernst van Zyl 
    Arno Roodt
    2 July 2025, 2:55 pm
  • More Episodes? Get the App