30. Bylae H & I: Omgangsafrikaans en Terminologielys
Episode 30. Bylae H & I: Omgangsafrikaans en Terminologielys (Jana Luther en Frank Hendricks). Die AWS is grotendeels beperk tot hedendaagse, geskrewe Standaardafrikaans en bereël die skryfwyse daarvan. As voorlaaste bylae is daar in die AWS egter ook 'n kort hoofstuk ingesluit oor Omgangsafrikaans. Hoe definieer ons Omgangsafrikaans, en op grond van watter kriteria besluit die Taalkommissie dat 'n leksikale item, 'n spesifieke woord, Omgangsafrikaans en nie Standaardafrikaans is nie? In die slotbylae, die Terminologielys word die betekenistoepassings omskryf van terme soos hulle in die AWS gebruik word. Vir elke nuwe AWS wat verskyn, word hierdie lys bygewerk, en daar kom ook nuwe terme by ... Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings · Pharos Woordeboeke · Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Episode 25: Woordelys (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). In die 25ste episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die woordelysgedeelte bespreek. Ons praat kortliks oor hoe die woordelys verander het sedert die 2009-AWS, spesifiek oor woorde wat bygevoeg en geskrap is. Die grootste gedeelte van die podsending word gewy aan die werkswyse van die Taalkommissie: Watter kriteria gebruik ons om te besluit of 'n woord opgeneem moet word of nie, asook hoe die woord opgeneem moet word? Hierdie kriteria word aan die hand van verskeie voorbeelde geïllustreer, terwyl ons die geval "emeritus" in detail behandel. Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings · Pharos Woordeboeke · Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns